Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

De Waal Venter

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Die kinderlike Tranströmer

 

Om soos ‘n kind te wees

Tomas Tranströmer

Om soos ‘n kind te wees en ‘n geweldige belediging
word oor jou kop getrek soos ‘n sak
deur dit flits stukkies son
en jy hoor kersiebome neurie.

Maar dit help niks nie, die yslike belediging
bedek kop en lyf en knieë
en jy kriewel af en toe
maar gedagtes aan die lente help niks.

ja, skitterende wolmus trek dit oor jou gesig
loer deur die gaatjies.
Waterringe swerm geluidloos op die fjord.
Groen blare verdonker die aarde.

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

 

Lees nog gedigte hier


» read article

Een van Tranströmer se oorgange

Tomas Tranströmer

 

Oorgangsplek

 

Tomas Tranströmer

 

Yswind in my oë en sonne dans

in die kaleidoskoop van trane as ek

die straat oorsteek wat my so lank gevolg het,

die straat waar Groenlandsomers glinster in die poeletjies.

 

Om my die swermende straat se volle krag

wat niks onthou nie en niks wil hê nie.

Diep onder die aarde onder die verkeer

wag die ongebore woud stilweg duisend jaar al.

 

Ek kry die idee dat die straat my sien.

Die kyk is so dof dat die son self

‘n grys bal is in ‘n swart ruimte.

Maar nou skyn ek! Die straat sien my.

 

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

Övergångstället

Tomas Tranströmer

 Uit: Sanningsbariären 1978


» read article

Nobelpryswenner

Tranströmer ontvang die Nobelprys

 

 

Hiermee ‘n gedig van vanjaar se Nobelprys in drie tale: Afrikaans, Nederlands en Sweeds.

 

Allegro

 

Tomas Tranströmer

 

 

Ek speel Haydn na ‘n swart dag

en voel ‘n ligte warmte in my hande.

 

Die klawers wil. Sagte hamers slaan.

Die klanke is groen, lewendig en stil.

 

Die klanke sê vryheid bestaan

en dat iemand nie die keiser belasting betaal nie.

 

Ek steek my hande in my Haydn-sakke

en maak of ek die wêreld kalm bekyk.

Ek hys die Haydn-vlag – dit beteken:

“Ons gee nie in nie. Maar soek vrede.”

 

Die musiek is ‘n glashuis op ‘n afdraande

waar klippe vlieg, klippe rol.

 

En klippe rol dwarsdeur

maar die vensters bly heel.

 

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

Allegro

 

Ik speel Haydn na een zwarte dag

en voel een simpele warmte in mijn handen.

 

De toetsen zijn willig. Milde hamers slaan.

De klank is groen, levendig en kalm.

 

De klank zegt dat de vrijheid bestaat

en dat iemand de keizer geen belasting betaalt.

 

Ik steek mijn handen diep in mijn haydnzakken

en doe als iemand die de wereld in alle rust aanschouwt.

 

Ik hijs de haydnvlag – dat betekent:

‘Wij geven ons niet over. Maar willen vrede.’

 

De muziek is een glazen huis op de helling

waar stenen rondvliegen, stenen rollen.

 

En de stenen rollen er dwars doorheen

maar iedere ruit blijft heel.

 

Tomas Tranströmer: De herinneringen zien mij

Vertaling door Bernlef

De Bezige Bij

ISBN: 9023407903

 

Allegro

 

Tomas Tranströmer

 

Jag spelar Haydn efter en svart dag

och känner en enkel värme i händerna.

 

Tangenterna vill. Milda hammare slår.

Klangen är grön, livlig och stilla.

 

Klangen säger att friheten finns

och att någon inte ger kejsaren skatt.

 

Jag kör ner händerna i mina haydnfickor

och härmar en som ser lugnt på världen.

 

Jag hissar haydnflaggan – det betyder:

»Vi ger oss inte. Men vill fred.«

 

Musiken är ett glashus på sluttningen

där stenarna flyger, stenarna rullar.

 

Och stenarna rullar tvärs igenom

men varje ruta förblir hel.


» read article

Tomas Tranströmer in Afrikaans

Nobelpryswenner Tomas Tranströmer

TOMAS TRANSTRÖMER

 

Sorgegondolen nr 2

 

Droewe gondel

 

I

 

Twee ou mans, skoonvader en skoonseun, Liszt en Wagner, bly by die Groot Kanaal

saam met die rustelose vrou wat getroud is met koning Midas

wat alles verander wat hy aanraak in Wagner.

Die see se koue groen stoot op deur die paleisvloere.

Wagner is gemerk, sy beroemd Punch-profiel is moeër as voorheen

sy gesig ‘n wit vlag.

Die gondel is swaar gelaai met hul lewens, twee retoer en ‘n enkel.

 

II

 

‘n Venster in die paleis vlieg oop en mense frons in die skielike trek.

Buite op die water verskyn die vullisgondel geroei deur twee eenspaan-bandiete.

Liszt het ‘n paar akkoorde neergeskryf, so swaar dat hulle eintlik weggestuur moet word

na die mineralogie-instituut in Padua vir analise.

Meteoriete!

Te swaar om te dryf kan hulle net sink en sink reg deur die toekoms

tot die Bruinhemde-dae.

Die gondel is gelaai met die toekoms se opgehoopte klippe.

 

 

III

 

Loergate op 1990.

 

25 Maart. Angs vir Litaue.

Gedroom ek besoek ‘n groot hospitaal.

Geen personeel. Almal was pasiënte.

 

In dieselfde droom ‘n pasgebore dogtertjie

wat volsinne gepraat het.

 

IV

 

Langs die skoonseun, ‘n man van sy tyd, is Liszt ‘n motgevrete grand seigneur.

Dit is ‘n vermomming.

Die diepte, wat verskeie maskers aanpas en verwerp, het hierdie een net vir hom gekies –

die diepte wat in mense wil opstyg, sonder om ooit sy gesig te wys.

 

V

 

Abbé Liszt is gewoond om self sy tas te dra deur sneeu en sonskyn

en wanneer sy tyd kom om te sterf sal niemand hom by die stasie ontmoet nie.

‘n Ligte bries van begaafde konjak voer hom mee te midde van ‘n opdrag.

Hy het altyd opdragte.

Twee duisend briewe per jaar!

Die skoolseun wat sy spelfout honderd keer oorskryf voor hy kan huis toe gaan.

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dis eenvoudig en swart.

 

VI

 

Terug na 1990.

 

Gedroom ek ry oor ‘n honderd myl tevergeefs.

Dan vergroot alles. Mossies so groot soos henne

het so hard gesing dat my ore toegeslaan het.

Gedroom ek teken klavierklawers

op die kombuistafel. Ek het op hulle gespeel, geluidloos.

Die bure het kom luister.

 

 

VII

 

Die klavier wat stilgebly het deur die hele Parsifal (maar geluister het) kan uiteindelik iets sê.

Sugte … sospiri …

Wanneer Liszt vanaand speel, hou hy die see-pedaal ingetrap

sodat die see se groen krag opstyg deur die vloer en saamvloei met al die klippe in die gebou.

Goeienaand pragtige diepte!

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dit is eenvoudig en swart.

 

VIII

 

Gedroom ek moes skool toe, maar kom te laat.

Almal in die kamer se gesigte was wit maskers.

Wie die onderwyser was, kon niemand sê nie.

 

Uit die Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 


» read article

Understanding

 

 

 

 

E. Morin
The poetry of life, with the love it contains and that contains it, is the only response to death.

I understand I don’t understand

It is clear
that it is dark,
I can see
that I cannot see
everything there is.
I think
I can think
about everything there is,
but I know
I do not know
what there really is,
what really is.
I reach out
to find myself,
but I am not there.

 

 

 

 

 


» read article

António Gamoneda

António Gamoneda

VI LAS bestias expulsadas del corazón

de mi madre. No hay distinción entre

mi carne y su tristeza.

Ek het die gediertes gesien …

Ek het die gediertes gesien wat uitgewerp is
deur my moeder se hart. Daar is geen verskil
tussen my vlees en haar smart nie.

Is dít dan die lewe? Ek weet nie. Ek weet
dat dit vergaan soos rimpels op water.
Wat nou gedaan, huiwerend tussen
sielsangs en sereniteit? Ek weet nie. Ek rus

in koue onkunde.

Daar is ‘n soort musiek in my, dis seker, en
ek wonder nog steeds wat dit beteken, hierdie
genot sonder hoop. Daar is musiek voor
die afgrond, ja, en, verder, weer die
klok van die sneeu en, steeds my hongerige
oor teen die kookpot van sorge,
maar

wat beteken dit uiteindelik?

hierdie genot sonder hoop?

Ek het mos gepraat van een wat waghou
in my terwyl ek slaap, die vreemdeling
weggekruip in my geheue, sal hy ook
sterf?

Ek weet nie. Hy ontbreek

desperaat aan belangrikheid.

Vertaler: De Waal Venter

VI LAS bestias expulsadas …


» read article