Een van Tranströmer se oorgange
Oorgangsplek
Tomas Tranströmer
Yswind in my oë en sonne dans
in die kaleidoskoop van trane as ek
die straat oorsteek wat my so lank gevolg het,
die straat waar Groenlandsomers glinster in die poeletjies.
Om my die swermende straat se volle krag
wat niks onthou nie en niks wil hê nie.
Diep onder die aarde onder die verkeer
wag die ongebore woud stilweg duisend jaar al.
Ek kry die idee dat die straat my sien.
Die kyk is so dof dat die son self
‘n grys bal is in ‘n swart ruimte.
Maar nou skyn ek! Die straat sien my.
Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter
Övergångstället
Tomas Tranströmer
Uit: Sanningsbariären 1978
Please register or log in to comment